|
KONSEP
ONTWIKKELINGSRAAMWERK: EBENHAESER GEMEENSKAPSVERENIGING
VISIE:
Die optimale benutting
van natuurlike hulpbronne en die skep van ontwikkelingsgeleenthede
vir die ekonomiese en sosiale opheffing van die Ebenhaeser gemeenskap
op 'n volhoubare en geïntegreerde wyse.
MISIE:
Die ontwikkeling van
Ebenhaeser met in agneming van die volgende waardes:
- openlikheid en deursigtigheid
- inklusiwiteit
- eerlikheid en respek
- verantwoordbaarheid
- gelyke behandeling
- konsultasie
- volhoubaarheid
- demokrasie
- bellikheid
STRATEGIESE DOELSTELLINGS
- Om werkloosheid met 70% te verminder
teen 2010.
- Om armoede met 75% te verminder
teen 2010.
- Om grondbesitsekerheid vir die
inwoners van Ebenhaeser te bewerkstellig teen 2008 deur fundamentele
verandering in die manier hoe grond tans besit word,k die opgradering
van grondbesitregte en deur die hervorming van grond voortspuitend
uit die Trancraa en Restitusie prosesse te Ebenhaeser.
- Om R5,5 biljoen oor die volgende
7 jaar in die gebied te investeer deur verskillende vorms van
beleggings en ekonomiese ontwikkeling van die gebied en sy natuurlike
hulpbronne.
- Om die plaaslike menslike hulpbronnne
te ontwikkel deur 'n kombinasie van vaardigheidsontwikkeing, leerderskappe,
tersiêre opleiding, geletterdheidsklasse en algemene sosiale
en maatskaplike op heffing van 90% van die gemeenskap.
- Om die plaaslike infrastruktuur
(pad, vervoer, IT, telekommunikasie, nywerhede, administratief,
ens) te ontwikkel en uit te brei ten einde werk te skep, armoede
te verlig wat sal bydra tot die algemene ekonomiese ontwikkeling
van die gebied.
- Om 'n bydrae te maak tot die ekonomiese
en maatskaplike ontwikkeling van die streek, deur werksgeleenthede
te verseker vir inwoners van die streek en sekondêre bedrywe
te vestig in strategiese gebiede in en omliggend tot Ebenhaeser.
PROJEKTE
Verskillende landbou projekte word
beoog o.a. die ontwikkeling van die Plaas binne 'n bestuursooreenkoms
met die ter stigde entiteit.
Die ontwikkeling van 120 hektaar onder
medisinale plante in tonnel as 'n bemagtigingsprojek.
Die ontwikkeling van 200 hektaar saam
met 'n kommersiële boer om kontant gewasse en langtermyn gewasse
te vestig.
Die ontwikkeling van 500 hektaar as
'n bemagtigingsprojek om kontant gewasse en langtermyn gewasse te
vestig.
Die ontwikkeling van 150 hektaar in
'n bestuursooreenkoms om kontant gewasse te vestig.
Bogenoemde vind plaas in 'n siklus
van 5 jaar. Grond word benut op 'n roterende basis.
Die entiteit stig 'n ontwikkelingstrust
waarin alle bydraes uit die opbrengs van die grond gestort word
vir maatskaplike en sosiale opheffing.
Inwoners oefen 'n vrye keuse uit oor
betrokkenheid by projekte en is aandeelhouers in 'n projek en moet
deur 'n opleidingsprogram gaan volgens die vaardigheidsontwikkelingsplan
van die besigheid. Die individuele projekte ontwikkel elkeen sy
eie administratiewe struktuur.
Die entiteit sal egter in beheer bly van die bemarking van die opbrengs
en die regristrering van produkname. Die operasionele aktiwiteite
is die verantwoordelikheid van die projek self.
Geen aandele is verhandelbaar in die
eerste 10 jaar nie, tewyl dit daarna verhandelbaar word onder worpe
daaraan dat die enititeit het die enigste/eerste opsie om die aandele
te koop. Geen aandele sal binne 'n projek verkoop word nie, mits
dit die goedkeuring van die eniteit wegdra.
Individuele persone het ook binne die projek die geleentheid om
op hul eie grond te bekom deur die projek onder te verdeel.
Aan die eiende van die 10 jaar periode kan die opsie uitgeoefen
word deur die persone wat op hul eie gegaan het om die grond te
koop.
Geen vervreemding van grond mag deur die projek self onderneem word
nie, die grond is gekoppel aan 'n langtermyn huurooreenkoms onderworpe
aan klousules wat die entiteit sekere regte en voorregte mbt die
projek gee.
Alhoewel die projekte self kan beding
vir waterregte, is die entiteit verantwoordelik om die oorhoofse
onderhandelings mbt water te hanteer - deur te verseker dat daar
voldoende water is vir elke projek.
Die projekte sal ook in fases infasseer
word.
Voldoende grond word oorgelaat vir
weiding. 'n Meentkomitee word gestig wat nuwe weiding regulasies
sal opstel en toepas, in samewerking met die Departement Landbou:
Vee en Weiding afdeling.
Alternatiewelik kan 'n munisipale
meentkomitee gestig word tussen munisipaliteit en entiteit om weidingskampe
te beheer en te bestuur aan die hand van weidingsregulasies.
Bogenoemde verseker dat daar 'n balans
van sekerheid van regte is en dat sekerheid van regte in grond oor
'n lantermyn verder gevestig word = uitkoms van Trancraa proses,
herverdeling van grond en volhoubare plattelandse ontwikkeling.
RESTITUSIE:
- Beskikbaar R100 miljoen oor 5 jaar
vir aankoop van plase en staatsgrond volgens die raamwerkooreenkoms.
- Restitusie beplanning (grond verkrygingsplan
en ontwikkelingsplan) het nog nie begin nie. Dus is dit vroegtydig
om 'n ingeligte mening oor die moontlike uitkomste te lewer.
- Algemen beginsels van restitusie
is om die grond wat ontneem is terug te kry. Die probleem wat
vermy moet word is die individule aanspraak op restitusie grond
STRATEGIE:
- Aanwend van R100 miljoen om die
meerderheid plase te bekom / terug te kry, asook staatsgrond.
- Oorblywende bedrag van R100 miljoen
gaan in ontwikkeling van nuwe grond, plase wat teruggekry is,
opgradering van infrastruktuur, bestuur van plase en om Trancraa
grond te ontwikkel.
- Finansiele administrasie setel
by munisipaliteit.
- Restitusie grond kom na dieselfde
entiteit as Trancraa.
- Langtermyn bestuursooreenkomste
met 'n prestasie klousule word aangegaan met geskikte bestuursagente/agentskappe
om plase te bestuur.
- 'n % van opbrengs uit plase gaan
in ontwikkelingstrust vir sosiale en maatskaplike opheffing.
- Plase word strategies tussen boere
gevat - die beste gedeeltes, sodat ander onwillige verkopers gedwing
word om plase teen laer as markverwante pryse te verkoop.
- Oorweging geskenk aan die moontlikheid
dat boere wat plase verkoop het binne 'n bestuursooreenkoms opgeneem
kan word.
- Dat die plaaswerkers se regte op
die plase beskerm word en dat 'n persentasie van die opbrengs
uit die restitusie bydrae tot die ontwikkelingstrust aangewend
word om die plaaswerkers ook ekonomies, sosiaal en maatskaplik
te help.
2. TOERISME:
'n Toerisme ontwikkelingsstrategie
daarstel wat die volgende komponente bevat:
- Ontwikkelings van die natuurlike
vleiland
- Uitbreiding van die weskus Staproete
- Oprigting van meer gastehuise (moedig
privaat huiseienaars aan om gastehuise te registreer)
- Landbou toerisme
- Kultuur-historiese plekke (ou begraafplaas,
ou kerk, Kliphuis, ens.)
- Omskep ou kerkgebou in museum met
maandelikse opedag aktiwiteite waar plaaslike produkte uitgestel
en verkoop kan word
- Uitbreiding van MPRC om administratiewe
diens te verskaf - i.e. toerisme inligtingssentrum
- Watersport, soos kanoovaart, rivier
ritte met boodjies, hengel, ens.
|