Notule van gesamentlike vergadering gehou deur bestuur van Ebenheaser grondeisers en Lutzville grondeienaars op 28 September 2006 om 14h00 te Lutzville Wingerde:

Teenwoordig: Grondeisers -
Mnre. Pieter Love, Walkie Taylor, Henzel Love, Jakobus Fortuin en Sydney Hahn. Grondeienaars: Mnre. Bertie Conradie en Jannie Mostert. Me. Tilla Mostert neem die notule af.

Mnr Bertie Conradie, wat as voorsitter optree, verwelkom almal teenwoordig, waarna Mnr Sydney Hahn die verrigtinge met gebed open. Die voorsitter verduidelik dat die doel van die vergadering is om sinvolle voorstelle van beide grondeisers en grondeienaars te kry om die afhandeling van die betrokke grondeis te bespoedig. Hy stel dit dat die vergadering gehou word sonder behandeling van enige party se regte.

Punte onder bespreking is:
1. Gemeenskaplike raakpunte moet bepaal word.
2. Watter verwagtinge het die betrokke partye van die eis?
3. Wat staan ons te doen na afhandeling van hierdie vergadering?

1. Gemeenskaplike raakpunte.

Albei partye is dit eens dat die proses van vordering duer die staat vertraag word, en dat grondeienaars sowel as grondeisers hierdeur benadeel word. Mnr Henzel Love stel dit dat die sloerdery spanning en onderstrominge tot gevolg het in die gemeenskap van Ebenhaeser. Haakpunte huidiglik is die verifikasieproses van eisers, asook die aanstelling van geskikte diensverskaffer volgens die Vyfjaar - raamwerkooreenkoms wat deur die staat en die Ebenhaeser-gemeenskap onderteken is.

Beide partye is bereid om deel te wees van 'n gesamentlike afspraak met die grondeisekommissaris van Weskaap. 'n Brief wat deur beide Mnre Pieter Love en Bertie Conradie opgestel en onderteken sal word, sal gebruik word om genoemde afspraak binne die eerskomende twee weke te reël. Die grondeisers sal voor 5 Oktober 2006 om 19h00 te Flentervlei, Lutzville, waar beide grondeisers en grondeienaars met voorstelle sal kom vir sake van gemeenskaplike belang wat tydens die vergadering met die kommissaris, bespreek kan word.

Mnr Conradie bedank die lede vir die positiewe samesprekings en Mnr Taylor sluit die vergadering met gebed af.

............................................................. Voorsitter: Grondeisers

..............................................................Voorsitter: Grondeienaars

 

 
 

Kontak die Lutzville Grond Forum Lede by lutzgrond@kingsley.co.za


tuisblad | grondwet | vergadering

© Lutzville Grond Forum
Webmaster: Melanie de Witt